DStv Channel 403 Wednesday, 23 October 2024

“Groot Vooruitsig” vir behoeftiges danksy veldtog

PRETORIA, GAUTENG - Danksy 'n nuwe veldtog deur die Triomf-kliniek in Pretoria gaan beter sig nou talle behoeftiges beskore wees.

Dié kliniek van die Atterbury Trust werk al byna 'n dekade saam met liefdadigheidsorganisasies om kwesbare mense met mediese sorg by te staan.

Maar hul oogkliniek het vir die eerste keer hul deure ook vir buitepasiënte oopgemaak.

Met die Groot Vooruitsig-veldtog gaan dié pasiënte se bydraes gebruik word om behoeftige mense met oogsorg te help.

Paid Content