SOMERSET-WES - 'n Wes-Kaapse wynplaas beveg goggas met goggas.
Die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes, wat al meer as 320 jaar oud is, werk saam met die maatskappy FieldBUGS om roofinsekte vir plaagbestryding te gebruik.
Dit het ten doel om wingerdsiektes te verminder en beter gehalte druiwe te kweek.