TOUWSRIVIER, WES-KAAP - Gemeenskappe in die Karoo sê mediese hulp wat hulle van Gift of the Givers ontvang, is besig om hul lewens te verander.
Die noodlenigingsorganisasie het 'n span van 80 gesondheidswerkers na Touwsrivier gestuur.
Inwoners van omliggende dorpe het ook opgedaag om mediese behandeling te ontvang.