KAAPSTAD - Inwoners en besoekers van Kaapstad gaan kans kry om 'n gewilde deel van die stad te voet te geniet.
Breestraat gaan hierdie somer elke Sondag van 10:00 tot 17:00 vir motorverkeer gesluit word.
Die organiseerders van die inisiatief sê dis nodig dat owerhede meer stadsruimtes toeganklik maak vir lede van die publiek.