DStv Channel 403 Friday, 20 September 2024

Gesiene ekonoom, Elize Kruger, wen groot

PRETORIA - Die ekonoom van die jaar vir 2023 sê sy het 'n bietjie meer hoop vir die land se ekonomie as 'n jaar of wat gelede.

Elize Kruger het Donderdag met die louere in die Buro vir Marknavorsing en Unisa se kompetisie weggestap.

Ondernemings en die publiek maak al dekades lank op deelnemers aan dié kompetisie se ekonomiese vooruitsigte staat.

Dawie Klopper van PSG Wealth en JA van der Linde van Oxford Economics Africa het ook die top drie gehaal.

Paid Content