STELLENBOSCH - Gesondheidskenners sê méér moet gedoen word om die faktore uit te lig wat tot fetale alkoholsindroom kan lei.
Suid-Afrika word gereken as een van die lande met die hoogste voorkoms van dié groeiversteuring ter wêreld.
Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid, Nomafrench Mbombo, het 'n byeenkoms bygewoon om vroue bewus te maak van die gevare van alkoholgebruik tydens swangerskap.