JOHANNESBURG - Gerhard Ackerman het Woensdag volgehou dat hy niks verkeerd gedoen het nie.
Dit ten spyte daarvan dat hy op meer as 700 aanklagte van onder meer verkragting, seksuele aanranding en mensehandel teregstaan.
Meer as 160 kliënte was glo deel van die netwerk wat hy bedryf het vir die seksuele misbruik van seuns.
Die senior advokaat, Paul Kennedy, is aanvanklik saam met hom aangekla, maar het verlede jaar sy eie lewe geneem.
Uitspraak is Woensdag in die Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel omdat die regter 'n keelinfeksie het.