UPINGTON - 'n Gemeenskapsorganisasie in Upington wys wat ubuntu in die praktyk beteken.
Die Koda Multipurpose-gemeenskapsontwikkelingsentrum, wat in 2017 gestig is, is besig om 'n groentetuin te vestig.
Dit sal vars groente aan die sentrum se sopkombuis verskaf en help om behoeftige inwoners te bedien.
President Cyril Ramaphosa was Vrydag in die Noord-Kaap vir die regering se amptelike Vrouedagherdenking en het in sy toespraak genoem hoe belangrik dit is om armoede uit te wis.
eNuus-Verslaggewer Kevin Brandt het by Koda gaan inloer om te kyk hoe hulle die kwessie takel.