DStv Channel 403 Tuesday, 22 October 2024

Fochville-kroegmoord: Twee voormalige beskuldigdes in getuiebank

FOCHVILLE - Getuies in die Natasha Barnard-moordsaak het 'n prentjie geskets van die chaotiese aand voor haar dood.

Twee voormalige beskuldigdes het Dinsdag in die streekhof in Fochville getuig.

Die 33-jarige Barnard is in Maart 2022 dood ná 'n vermeende kroeggeveg by The Boulevard-kuierplek.

Die kroegman Rudolph Pretorius, wat ook as Ruan bekend staan, word van haar moord aangekla.

Paid Content