ATHLONE - Die familie van 'n vyfjarige wat in bendeverwante kruisvuur gesterf het, is moedeloos oor die stadige pas wat die gereg neem.
Ameer Abrahams is in Januarie dood toe hy en sy pa na 'n spazawinkel naby hul huis in Manenberg gestap het.
Twee verdagtes, Brandon Jansen en Iekraam Achilles, het Vrydag weer in die landdroshof in Athlone verskyn.