DStv Channel 403 Saturday, 28 September 2024

eNuus se beste wense aan jou vir 2024

NUWEJAARSBOODSKAP

Ons eNuus-span wil graag dankie sê vir ons kykersvriende vir julle getroue ondersteuning deur 2023.

Die span wat dié bulletin elke aand moontlik maak, bestaan natuurlik uit meer as net die aanbieders wat jy saans in die ateljee sien.

Daar is agter die skerms ook 'n groep baie hardwerkende vervaardigers, bulletinredakteurs, redigeerders, kamera-operateurs en tegniese personeel wat 365 dae per jaar die bulletin saamstel.

Ons groet die Oujaar met 'n paar foto's van ons span wanneer ons nié by die werk is nie.

Mag 2024 vir jou en jou geliefdes waarlik, ‘n goue jaar wees.

Paid Content