JOHANNESBURG - Die Organisasie teen Belastingmisbruik, oftewel Outa, sê hulle sal seker maak motoriste dok nie 'n sent op vir hul e-tol-skuld nie.
Gauteng se omstrede e-tol-stelsel is Donderdagaand om middernag afgeskakel.
Outa is meer as 'n dekade gelede gestig om spesifiek dié stelsel teen te staan.