VANDERBIJLPARK - Die rimpeleffek van die dreigende afleggings by ArcelorMittal in Vanderbijlpark stem inwoners van dié nywerheidstad onrustig.
Die staalreus anker die gemeenskap met werksgeleenthede, hul produkte wat deur ander werkgewers in die omgewing gebruik word, en betrokkenheid by die versorging en instandhouding van die nywerheidsgemeenskappe in die suide van Gauteng.
eNuus het Vanderbijlpark besoek om by inwoners te hoor hoe hulle geraak gaan word.