KOMMAGAS - 'n Plaaslike noodtoestand is in die Nama-Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap afgekondig nadat die gebied verlede week deur swaar reën en oorstromings getref is.
Paaie, brûe en huise is deur die vloedwater verswelg.
Die munisipaliteit is in Springbok gesetel, en sluit ook dorpe soos Kommagas en Kleinzee in.