STRAND - Die land is hierdie naweek in groen en goud getooi soos wat Suid-Afrikaners gereed maak vir 'n monster-eindstryd.
Met die Springbokke wat probeer om hul tweede Wêreldbeker in 'n ry te wen, het Bok-gees behoorlik posgevat.
Kevin Brandt het besoek afgelê by 'n paar ondersteuners wat Bok-beheptheid na 'n nuwe vlak neem.