DStv Channel 403 Thursday, 30 January 2025

Dele van die Noord-Kaap gaan steeds gebuk onder vloedskade

NAMA-KHOI-MUNISIPALITEIT - Die Nama-Khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap steier onder die skade van miljoene rand wat die onlangse oorstromings daar veroorsaak het.

Dit terwyl verskeie gemeenskappe steeds van die buitewêreld afgesny is en noodlenigingsorganisasies noodvoorrade aan vasgekeerde inwoners verskaf.

Die munisipaliteit is in Springbok gesetel, en sluit ook dorpe soos Kleinzee en Kommagas in.

You May Also Like