CLANWILLIAM, WES-KAAP - Na verskeie vertragings is die projek om die wal van die Clanwilliamdam in die Wes-Kaap te verhoog, nou weer op dreef.
Dit aldus die departement van Water en Sanitasie.
Die doelwit is om bykomende besproeiing aan boere in die Weskus-distriksmunisipaliteit te verskaf.
Hulle beoog om dit teen 2028 te voltooi - tien jaar na die oorspronklike sperdatum.