BURGERSDORP - Meer as R15-miljoen is opsy gesit om 'n stadion op Burgersdorp in die Oos-Kaap op te knap, maar daar is weinig om daarvoor te wys.
Die Walter Sisulu-munisipaliteit het vyf jaar gelede belowe die stadion sal binne agt maande opgeknap word.
Die Enoch Mgijima-munisipaliteit, wat in Komani gesetel is, was vroeër ook onder die vergrootglas.
Dit nadat R15-miljoen na bewering onregmatig bestee is om 'n stadion met gebrekkige geriewe te bou.