PARYS - Die Springbokke het 'n sielkundige hupstoot gekry op die vooraand van hulle Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Frankryk.
Die bekende Suid-Afrikaanse rugby-ondersteunersgroep, die Gwijo Squad, het die Bokke tydens hulle laaste oefensessie in Parys aangespoor.
Die span glo dis presies die regte inspuiting wat hulle nodig gehad het voor die titaniese stryd in die Stade de France.