DStv Channel 403 Thursday, 03 October 2024

Boek oor Eskom: “Almal het geweet daar is ernstige probleme met kontrakte tydens staatskaping”

'n Nuwe boek deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom het wyd reaksie ontlok.

In "Truth to Power: My Three Years Inside Eskom" skets André de Ruyter 'n skokkende prentjie oor die regering se onvermoë en onwilligheid om die kragkrisis op te los.

Die boek is in die geheim geskryf en nie voor die publikasie-datum bemark nie, uit vrees dat iemand 'n stokkie daarvoor sou steek.

Inge Kühne, redakteur van die Sondagkoerant Rapport, sê dis duidelik dat De Ruyter groot planne vir die nutsmaatskappy gehad het, maar dat hy die omvang van die korrupsie onderskat het.

Paid Content