DStv Channel 403 Sunday, 06 October 2024

Bloemfontein-dieretuin bly vir eers gesluit, sê hof

Bloemfontein se dieretuin mag vir tyd en wyl nié heropen nie. Dit nadat die hooggeregshof in die stad 'n dringende aansoek van die Dierebeskermingsvereniging toegestaan het.  

Die bevel bepaal onder meer dat die Mangaung-munisipaliteit verbied word om enige wilde of eksotiese diere sonder die nodige permitte te ontvang. 

Verder mag die dieretuin nie heropen nie, tensy daar bewyse is van 'n voldoende begroting om die fasiliteit wettig en volhoubaar te bedryf. 

Paid Content