KAAPSTAD - 'n Honderd-en-dertig moorde is in die laaste week van September in die Wes-Kaap gepleeg.
Die provinsiale regering sê dis die meeste moorde wat nog ooit in een week in die Wes-Kaap aangemeld is.
Die provinsie se moordbrandpunte is Gugulethu, Delft, Ravensmead, Mfuleni, Kraaifontein en Woodstock.
Die inhoud van hierdie berig kan sommige kykers ontstel.