Gautengers kon die naweek uitsien na nog heelwat Aardklop-vermaak, wat musiekvertonings, aktuele gesprekke en teaterproduksies insluit.
Een van dié produksies is die toneelstuk "Oom Bey, My Pa" - waarin die verhaal van die kerkleier Beyers Naudé vanuit sy dogter se perspektief vertel word.