PRETORIA - Om note te speel, is een ding, maar 'n ware pianis se kuns lê daarin om dit musikaal en boonop uit jou kop uit te kan doen.
Só meen die 16-jarige Heinrich Sutton, vanjaar se algehele wenner van die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie.
Sy voormalige klavieronderwyser, Claudine van Breda, was in 2011 een van die medestigters van die kompetisie.