MIDRAND - Die beste beskuit in die land word in die Baai gebak.
Marthlé Smith van Gqeberha in die Oos-Kaap is as die wenner van RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie aangewys.
Haar pryse sluit R20 000 kontant en lugtyd op RSG in, asook mentorskap om haar eie onderneming te begin.
Meer as 1 500 bakkers het vir die kompetisie ingeskryf.