DStv Channel 403 Friday, 03 January 2025

"Angswekkende" toneelstuk daag akteurs én gehoor uit

POTCHEFSTROOM, NOORDWES - Op Aardklop se uitgebreide kunstespyskaart was daar ook dié week 'n eiesoortige teaterervaring wat elke dag anders gelyk het.

In die eksperimentele stuk " 'n Akkerboom" sluit 'n verskillende akteur tydens elke opvoering by De Klerk Oelofse aan, maar dié persoon is 'n verassing vir hom en die gehoor.

Die produksie vereis van gehoorlede én die byspeler om die storie se legkaart te bou.

Tydens die vertoning wat eNuus bygewoon het, was die gasakteur 'n bekende kykNET-gesig.

Paid Content