Die volgende berig kan sommige kykers ontstel.
Alison Botha, wat in 1994 oorleef het nadat sy verkrag en haar keel byna afgesny is, eis nou bewyse dat haar twee aanvallers wel gerehabiliteer is.
Frans du Toit en Theuns Kruger is vandeesweek vrygelaat ná 28 jaar agter tralies - al het regter Chris Jansen in 1995 aanbeveel dat hulle nooit in aanmerking moet kom vir parool nie.
Nie een van die mans het Botha genader om berou te toon nie.