DStv Channel 403 Tuesday, 01 October 2024

Aanklagte deur nóg ouers kom dalk teen geskorste vroedvrou

PRETORIA - Nóg aanklagte kan moontlik by die klagstaat teen die geskorste vroedvrou en verpleër Yolande Fouchee gevoeg word.

Fouchee het Donderdag weer vlugtig in die streekhof in Pretoria verskyn.

Sy word tans deur tien aanklagte in die gesig gestaar, wat onder meer verband hou met drie geboortes wat sy hanteer het.

Fouchee het destyds onder die van Maritz gewerk, maar is intussen getroud.

Paid Content