GONUBIE, OOS-KAAP - Die volgende berig kan kykers ontstel.
In die soveelste soortgelyke aanval binne weke, is ‘n 15-maande-oue seuntjie in die Oos-Kaap deur ‘n pitbull doodgebyt.
Sondag is ‘n driejarige dogtertjie in Hennenman in die Vrystaat doodgebyt, en op 12 November is ‘n 12-jarige seun in Bloemfontein dood toe die bure se honde oor die muur gespring en hom gegryp het.
Daar was nog minstens drie ander aanvalle landwyd sedert September 2022.
Die bekgeveg oor die aanhou van dié honde woed intussen steeds fel, met een groep wat hulle daarvoor bewyer om die pitbull-ras te verban.
Ander meen egter dis eerder die eienaars wat gereguleer moet word.
eNuus was op die toneel van die jongste aanval.