Niamh Beatrix se ouers, Johann en Alda Smith, het vier jaar gelede 'n werksgeleentheid in Ierland aangegryp.
Sedertien het hul 12-jarige dogter al op verskeie TV-programme opgetree en nasionale kleure vir uitvoerende kunste verwerf.
Nou het sy ook 'n gewilde Afrikaanse liedjie vir 'n goeie doel opgeneem.
Sy het vanuit County Wicklow met Eugenie Gregan gesels.