100ste skoollaboratorium geskenk: “Dit is soos ‘n wêreld wat oopgaan”
VLOTTENBURG, WES-KAAP - Wiskunde- en wetenskaponderrig het 'n hupstoot gekry danksy vennootskappe met die privaatsektor.
Die 100ste skoollaboratorium wat deur een so 'n vennootskap moontlik gemaak is, is by die Vlottenburg Primêre Skool buite Stellenbosch geopen.
Dit het ten doel om onderrig in die STEM-vakke, wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, by landelike laerskole te verbeter.