Zondo-kommissie dagvaar Jacob Zuma

Die Zondo-kommissie dagvaar oudpresident Jacob Zuma om in November te kom getuig.

JOHANNESBURG – Die Zondo-kommissie het oudpresident Jacob Zuma gedagvaar om voor die kommissie te verskyn. 

Hy moet nou van 16 tot 20 November getuig, maar word toegelaat om dit per videoskakel te doen.

Dit na Zuma se regspan vroeër aan die kommissie geskryf het hy weier om te verskyn as adjunkhoofregter Raymond Zondo hom nie onttrek nie. 

Zuma en sy span het aangevoer Zondo is partydig. 

Source
eNuus