By Klub Mykonos, een van die grootste vakansie-oorde in die Wes-Kaap, is die privaat strand gesluit maar die swembaddens is oop vir die sowat 900 gaste.
LANGEBAAN, WES-KAAP – Wes-Kaapse gesondheidsowerhede is bekommerd oor die druk op staatshospitale in die Weskus-distriksmunisipaliteit.
Die munisipaliteit, wat dorpe soos Saldanha, Langebaan en Vredendal insluit, is een van die Covid-19-brandpunte in dié provinsie.
Nuwe gevalle van die coronavirus wat daar aangemeld word, het die afgelope week met 65% gestyg.
Source
eNuus