Vermeende bendelid in hof vir moord

Fernando Isaacs is in verband met die moord op Lauren Braiden in hegtenis geneem.

BONTEHEUWEL, KAAPSTAD - 'n Man wat al voorheen van moord beskuldig is, het in die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van moord en roof.

Fernando Isaacs is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n vrou van Bonteheuwel, Lauren Braiden, buite haar werkplek doodgeskiet het.

Source
eNuus

Paid Content