Verhoor van vermeende Wellington-reeksmoordenaar uitgestel

Vermeende Wellington-reeksmoordenaar besluit teen ’n pleitooreenkoms met die staat.

KAAPSTAD - Die verhoor van die vermeende Wellington-reeksmoordenaar, Johan Williams, sou Maandagoggend in die Hooggeregshof in Kaapstad begin het.

Maar dit is met meer as ses maande uitgestel nadat Williams besluit het om nie meer 'n pleitooreenkoms met die staat aan te gaan nie.

Die beskuldigde het in 2018 die vlak grafte van drie vermiste vroue naby sy huis in Wellington uitgewys. 

Hy het sy vermeende slagoffers glo met werksaanbiedinge gelok.

Source
eNuus