Veldtog vra toegang tot tegnologie vir diabete

Bridget McNulty het die #fingerprickfree-beweging begin om mediese fondse te oortuig om vir flitstegnologie wat suikervlakke deurlopend meet, te betaal.

KAAPSTAD - Tot 40% van mense met diabetes wat met Covid-19 gehospitaliseer is, het gesterf.

Diabetes is een van die grootste bydraende faktore tot Coronavirus-sterftes, of wanneer pasiënte ernstig siek raak of gehospitaliseer word.

Vanjaar het verskeie organisasies saamgestaan om mediese fondse te oortuig om nuwe tegnologie aan almal beskikbaar te stel.

Die tegnologie het die potensiaal om lewens te verander.

Hulle het op Internasionale Diabetesdag, ander mense gevra om die veldtog te ondersteun.

Source
eNuus