"Toetse 96% akkuraat"

Dit neem slegs tien minute om die uitslag van n Covid-19-teenliggaamtoets te kry.

KAAPSTAD - Honderde Suid-Afrikaners het reeds Covid-19-teenliggaamtoetse laat doen sedert die regering drie maande gelede die verspreiding daarvan goedgekeur het.

Die toetse dui aan of iemand al voorheen die coronavirus opgedoen het.

Dit is veral nuttig in gevalle waar mense min simptome van die siekte gehad het.

Die teenliggaamtoetse kan binne tien minute gedoen word by twee apteekgroepe se klinieke of by laboratoriums wat bloedtoetse ontleed.

Source
eNuus