Tafelberg-moordenaar onwettig in die land

Blessing Bveni word daarvan beskuldig dat hy tussen Oktober 2017 en Maart 2018 weerlose stappers aangeval het.

KAAPSTAD - Die Zimbabwiër wat glo twee mense teen die hange van Tafelberg vermoor het, se paspoort en asielpermit is vervals.

So het 'n amptenaar van die departement van Binnelandse Sake, Bradley Solomons, Maandag in Blessing Bveni se verhoor in die Wes-Kaapse Hooggeregshof getuig.

Intussen sê Doug Notten en Ian McPherson se families hulle ly steeds aan die nagevolge van die twee se gewelddadige en sinnelose dood.

Source
eNuus