Tafelberg kry ’n skoon blaadjie

Tafelberg-kabelkarmaatskappy het ’n kreatiewe skoonmaakveldtog op die berg van stapel gestuur.

Kaapstad - Een van die land se mees ikoniese bakens is gereed vir ’n besige somerseisoen.

Dosyne stappers en klimmers het Dinsdag Tafelberg help skoonmaak as deel van Internasionale “Take A Hike”-dag.

Hulle is gevra om rommel op te tel terwyl hulle die berg uitklim, in ruil vir ’n rit ondertoe met die beroemde kabelkar.

Source
eNuus