Stryd teen transitorooftogte kry hupstoot

Die polisie sê transitorooftogte is 'n prioriteit en dat daar planne is om dié misdaad tydens die feestyd te bekamp.

PRETORIA - 'n Gespesialiseerde misdaadintelligensie-eenheid gaan ingespan word in die stryd teen transitorooftogte.

Die polisie se nasionale misdaadbestrydingsforum het in Pretoria vergader om die onlangse toename in dié misdaad te bespreek.

Dit nadat 'n depot van die veiligheidsmaatskappy Fidelity beroof is.

Source
eNuus

Paid Content