Riverlea: “Sterf ons tuis of in die hospitaal?”

Hulle vrees nie net vir hul lewens weens die Covid-19-pandemie nie, maar omdat hulle reeds aan respiratoriese siektes ly wat hulle meen deur die nabygeleë mynhope veroorsaak is.

RIVERLEA, JOHANNESBURG – Inwoners van Riverlea in Johannesburg sê hulle asem elke dag goudstof van die nabygeleë myne in, wat respiratoriese siektes veroorsaak.

Hulle meen ook dat daar nie genoeg gedoen word in die gemeenskap om Covid-19 te bestry nie.

Die gemeenskap is in ‘n besoedelde gebied tussen twee mynhope geleë.

Source
eNuus

Paid Content