Politieke ontleder meen omstrede Bela-wet-klousules sal nie vanjaar geïmplementeer word nie
Ongeag hoe sake verder verloop, gaan klousules vier en vyf van die Bela-wet níé hierdie maand nog geïmplementeer word nie.
Só meen die politieke ontleder, Theo Venter.
Die presidensie het onlangs gesê van hul verteenwoordigers het die Nedlac-skikkingsooreenkoms oor Bela sonder president Cyril Ramaphosa se toestemming onderteken.
Ingevolge dié ooreenkoms kan skole nie gedwing word om die omstrede klousules oor taal- en toelatingsbeleid oor minder as twee weke in te stel nie.