Opslaanbiblioteek bring hoop

Die biblioteek het 'n veilige ruimte vir kinders geword waar hulle kan lees, huiswerk doen en selfs speel.

SCOTTSVILLE, KAAPSTAD 'n Man van Kaapstad gebruik boeke om vir kinders in bendegeteisterde gebiede hoop te gee.

Terence Crowster bedryf die Hotspot-opslaanbiblioteek in die woonbuurt Scottsville in Kraaifontein.

Tydens die Covid-19-pandemie het die fokus van die biblioteek verskuif om ook gesinne te help wat hul inkomste verloor het.

Source
eNuus

Paid Content