Die taal het amper uitgesterf, maar lede van die Nama-stam het ‘n plan beraam om dit te laat voortleef.
KUBOES, NOORD-KAAP - Lede van die Nama-stam doen alles in hulle vermoë om hulle taal te laat herleef.
Die Nama-taal word deesdae as 'n vak aangebied by skole in die dorpies Kuboes en Riemvasmaak in die Noord-Kaap.
Inwoers sê hulle is sedert die 1950’s ontmoedig om die taal te praat omdat onderwysers en ander mense wat dit nie verstaan nie, gedink het Nama-sprekendes skinder oor hulle.
eNuus se Gerhard Pretorius en kameraman Malibongwe Swane het Kuboes besoek.
Source
eNuus