“Ons het nie regte nie”

Sommige verpleegsters by die Ceres-hospitaal het finale skriftelike waarskuwings gekry, nadat hulle in Mei gestaak het.

CERES - Verpleegsters in Ceres in die Wes-Kaap kan moontlik hulle werk kwyt wees omdat hulle betoog het oor 'n gebrek aan persoonlike beskermende toerusting tydens die kruin van die Covid-19-pandemie.

Dié tekort was 'n algemene klagte van gesondheidswerkers in die vroeë stadium van die inperking.

Selfs die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het destyds gesê mediese personeel kan nét werk as hulle die nodige beskermende toerusting het.

Source
eNuus