Nóg pandemonium by HS Brackenfell

Die eerste bus vol EFF-ondersteuners was nog op pad na 'n vergaderpunt ’n blok weg van die Hoërskool Brackenfell toe die polisie losgebrand het met verf, waterkanonne, en traangas.

KAAPSTAD - Chaos het in die strate van Brackenfell rondom die hoërskool geheers.

Meer as ’n duisend EFF-ondersteuners het in busse opgedaag om deel te neem aan ’n vreedsame betoging. 

Die polisie het alles in hul mag gedoen om die skare uiteen te jaag en van die skool af weg te hou terwyl die skool se bestuur gewag het vir die beloofde memorandum om afgelewer te word. Maar die betoging het nie vreedsaam gebly nie.

Source
eNuus