‘n Skuilingsak vir haweloses

Haweloses kry ‘n nuwe “skuilingsak” wat hul teen reën en wind beskerm.

KAAPSTAD  – Op Internasionale Dag vir Haweloses sê liefdadigheidsorganisasies in Kaapstad dis hul daaglikse prioriteit om na behoeftige mense om te sien.

Die Sheltersuit-stigting vervaardig ‘n sogenaamde skuilingsak. 

Dis 'n liggewig, draagbare tent wat teen reën en wind bestand is en ook as ‘n slaapsak en drasak gebruik word.

Source
eNuus