Ministers besoek vermoorde Brendin Horner se familie

Ministers van Polisie en Staatsveiligheid besoek die familie van vermoorde Vrystaatse plaasvoorman Brendin Horner. 

PAUL ROUX-DISTRIK, VRYSTAAT – Die Ministers van Polisie en Staatsveiligheid het vandeesweek die familie van die vermoorde Vrystaatse plaasvoorman Brendin Horner besoek.

Ministers Bheki Cele en Ayanda Dlodlo het ook boere in die Oos-Vrystaat besoek.

Op Senekal is André Pienaar borgtog geweier in die landdroshof.

Pienaar word van openbare geweld, poging tot moord en terrorisme aangekla.

Source
eNuus