Min ongevalle op Oujaarsaand

Baie Suid-Afrikaners was op Oujaarsaand droëbek oor die drankverbod en vroëe inkomtyd.

WYNBERG, KAAPSTAD Vir gesondheidswerkers regoor Suid-Afrika was die laaste 24 uur van 2020 ongekend stil.

Hoewel hospitale se ongevalle-afdelings besig was met COVID-19 gevalle, was daar ‘n merkbare afname in traumagevalle in staatshospitale.

Chris Hani Baragwanath in Soweto, die derde grootste hospitaal in die wêreld, het nie ’n enkele traumageval op die eerste dag van 2021 behandel nie, en ook nie die Victoria hospitaal in Kaapstad nie.

Source
eNuus

Paid Content