Meer hoë-profiel Suid-Afrikaners vas vir bedrog en korrupsie

Kommer oor tekort aan ervare staatsaanklaers nadat meer hoë-profiel Suid-Afrikaners vir bedrog en korrupsie vasgetrek word.

PRETORIA – Twee voormalige senior staatsaanklaers sê dis goed dat hoë-profiel Suid-Afrikaners nou in hegtenis geneem word vir bedrog en korrupsie.

Maar volgens advokate Gerrie Nel en Glynnis Breytenbach kan dit nog etlike jare duur voordat enigiemand skuldig bevind word.

Hul grootste bekommernis is die tekort aan ervare staatsaanklaers.
 

Source
eNuus